Seisoen 1 | Episode 13 | Hoë waarde uitvoerkommoditeite

Vrugteboerdery in Suid-Afrika sluit ‘n verskeidenheid vrugte in – van sitrus tot avokado’s, tot tafeldruiwe en draakvrugte. Dit dra noemenswaardig by tot die Suid-Afrikaanse ekonomie, aangesien meer as helfte van ons landbou-uitvoere, vrugte is. Hierdie hoë gehalte vrugte word geproduseer in goed-bestuurde boorde, waar infrastruktuur-ontwikkeling, wetenskap en die aanwending van tegnologie, net so belangrik is as die bestuur van kunsmis, besproeiing, snoei- en spuitprogramme. Kommersiële boordbestuur is die fondasie van optimale oeste van die beste gehalte vrugte, wat nou meer belangrik is om die beste markte te kan bedien. In hierdie week se episode van Tech Terrain gaan ons kyk na waarop jy moet fokus om optimaal te boer en suksesvol te wees. Theo Vorster gesels met Erik de Vries van Agri Technovation oor die gebruik van tegnologie in die boord, en dan sluit Pieter Engelbrecht van die Piet Engelbrecht Trust, oftewel Piet Citrus by ons in die ateljee aan. Nelius Oosthuizen, Area Verkoopsbestuurder: John Deere Sub-Sahara Afrika (JD SSA) en Rukus van Wyk, Produk Bemarkingsbestuurder: JD SSA is dan op hulle pos, en ons kyk na die implementering van tegnologie en meganisasie vir hoë-waarde uitvoerkommoditeite. Tech Terrain word aangebied deur John Deere, in samewerking met Landbouweekblad en Brand Republic.

Play as podcast



Back to episode list

Bonus Content