Seisoen 1 | Episode 15 | Die ekonomie en landboufinansiering

Die Suid-Afrikaanse ekonomie was reeds onder druk nog voor die wêreldwye pandemie toegeslaan het, en die situasie het sedertdien verder versleg. Gelukkig kon die grootste deel van die landbousektor met sy bedryfwighede voortgaan – behalwe vir wyn- en tabakprodusente. Volgens die BBP-syfers vir die tweede kwartaal het bykans alle bedrywe drasties teruggesak, terwyl landbou die enigste bedryf is wat relatief ongeskonde daarvan afgekom het. Landbou het van April tot Junie 2020 met 15,1% gegroei. Om sake in perspektief te plaas, gesels Theo Vorster met Dr. Roelof Botha, Ekonomiese Raadgewer: Optimum Beleggingsgroep oor die plaaslike ekonomie en die ongelooflike geleenthede wat lê in die landboubedryf. Daarna kom Dr. John Purchase, Uitvoerende Hoof: Agbiz aan die beurt, en ons bespreek die algemene stand van landboufinansiering, die rentekoers en ander finansiële uitdagings. Die span van John Deere Financial is ook in die ateljee om ons meer te vertel van onlangse tendense in landbou-finansiering. Tech Terrain word aangebied deur John Deere, in samewerking met Landbouweekblad en Brand Republic.

Play as podcast



Back to episode list

Bonus Content