Seisoen 1 | Episode 14 | Landbou maak 'n verskil

Suid-Afrikaanse boere is dikwels afhanklik van die gemeenskappe waarbinne hulle bedrywing is vir ‘n bron van arbeid, en hulle toekoms is met dié gemeenskappe verweef. Dit is ook waarom baie produsente die voortou neem met maatskaplike ontwikkelingsprojekte in hulle gemeenskappe, maar ook voorsiening maak vir die basiese behoeftes van hulle werkers soos behuising, krag, water, mediese sorg en selfs skole vir werkers se kinders. Produsente se verbintenis met hul gemeenskappe is vroeër vanjaar tydens die grendeltydperk beklemtoon deur hulle ruim skenkings van voedsel aan behoeftige mense. Kommersiële boere en kommoditeitsorganisasies speel ook ‘n leidende rol in die oordra van kennis en opleiding van opkomende boere. In hierdie week se episode van Tech Terrain praat Theo Vorster met Tiaan Venter van Farmsol, en Jacques Basson van #7 Media oor ongelooflike ontwikkelingsprojekte. Dan sluit Omri van Zyl van Agri SA by ons aan, en bespreek die magtige vennootskappe in die bedryf om uit te reik na behoeftige gemeenskappe. Freddie Rupping, Spesialis, Produksiestelsels: John Deere AME en Renico Lombard, Area Verkoopsbestuurder: John Deere AME is dan weer op hulle pos, en vertel ons meer oor die splinternuwe 7R-trekker. Tech Terrain word aangebied deur John Deere, in samewerking met Landbouweekblad en Brand Republic.

Play as podcast



Back to episode list

Bonus Content