Seisoen 1 | Episode 4 | Risikobestuur te midde van veranderende toestande

Veranderende toestande, spesifiek klimaatsverandering, noodsaak boere om voortdurend aanpassings te maak. Aanbieder, Theo Vorster praat met Dr. Johan Malherbe, Senior Navorser van die Landbounavorsingsraad en Andries Wiese, Hoof van Landbou by Hollard oor die veranderinge oor tyd, en bespreek ook die impak daarvan in verskillende dele van die land in verskillende bedrywe. Hierdie veranderinge dwing boere ook om te kyk na aanpassings in risikobestuur, sowel as die bestuur van hul bates. Plant- en stroopvensters is natuurlik van kritiese belang, gegewe hierdie veranderinge, en Lucas Groenewald, Verkoopsbestuurder, Suidelike Afrika: John Deere SSA; en Lafras Cronje, Bestuurder, Kliënt- en Produkondersteuning, John Deere SSA kom gesels oor hul S-reeks stropers en gevorderde tegnologie wat vir boere van groot waarde kan wees.


Play as podcast

Bonus Content