Seisoen 1 | Episode 5 | Moet boere altyd alles weet?

In die vyfde episode van Tech Terrain gesels Theo Vorster met Chris Venter, stigter en Uitvoerende Hoof: Sovereign Capital Holdings en Dawie Maree, Hoof van Inligting en Bemarking by FNB oor die stelling: “Omring jouself met mense wat slimmer is as jy.” Landbou is ‘n komplekse omgewing, en die besluitnemingsproses is dikwels baie lank. Soms is dit moontlik om deeglik vooruit te beplan, maar partykeer moet besluite baie vinnig geneem word. Die belangrikheid van onafhanklike raad en spesialis-inligting raak toenemend belangrik, en dít is die fokus van hierdie week se gesprek. Lafras Cronjé, Bestuurder, Kliënt- en Produkondersteuning, John Deere Sub Sahara Afrika en Ferdie Pieterse, Besturende Direkteur: Senwes Equipment kuier in die ateljee. Ons bespreek wat hulle verstaan onder, “’n leeftyd se kenmerkende diens en ondersteuning”, wat dit vir húlle beteken, maar ook vir jóú. Tech Terrain word aangebied deur John Deere, in samewerking met Landbouweekblad en Brand Republic.

Play as podcast



Back to episode list

Bonus Content