Seisoen 1 | Episode 12 | Bewaringslandbou

Baie tradisionele landboupraktyke lei tot die stelselmatige agteruitgang in die grond se natuurlike gesondheid, ‘n verlies aan organiese materiaal en ook waardevolle grondvog. Saam met klimaatsverandering kan dit aanleiding gee tot grootskaalse verliese weens wind- en watererosie. Daar is egter sogenaamde bewaringspraktyke wat dié tendens kan teenwerk, en verskeie boere het al groot welslae behaal. In hierdie episode van Tech Terrain gesels Theo Vorster met Dr. Hendrik Smith van Graan SA oor die beginsels van bewaringslandbou en waarom dit nodig is om dit te oorweeg. Die graanprodusent, Danie Bester kuier in die ateljee om oor sy strategie met bewaringspraktyke te gesels. Dan sluit Shaun van Jaarsveld, Spesialis: Produksiestelsels: John Deere Sub-Sahara Afrika (JD SSA) en Wessel Oosthuizen, Projekbestuurder: Produkondersteuning, JD SSA weer by ons aan, en verduidelik hoe tegnologie saam met landboupraktyke moet ontwikkel, en plantertegnologie spesifiek, kom onder bespreking. Onthou om Donderdag 10 September om 16:00 aan te teken by www.techterrain.co.za om die nuutste episode in dié opwindende reeks te sien. Al die vorige episodes van Tech Terrain is ook beskikbaar om enige tyd te kyk. Tech Terrain word aangebied deur John Deere, in samewerking met Landbouweekblad en Brand Republic.

Play as podcast



Back to episode list

Bonus Content