Seisoen 1 | Episode 1 | Belangrikheid van 'n handelsmerk in landbou

Ons skop die reeks af deur ondersoek in te stel na die belangrikheid van 'n handelsmerk-ontwikkeling. Jacques Taylor, die Besturende Direkteur van John Deere Sub-Sahara Afrika deel die merkwaardige verhaal oor die vestiging van die John Deere-handelsmerk in Suid-Afrika. Ons praat met die handelsmerk-guru, dr Ludi Koekemoer, Uitvoerende Hoof van AAA School of Advertising saam met 'n bekende kundige in die varsproduktebedryf, Lindie Stroebel, Bestuurder van Mission South Africa. Daar is ook 'n opwindende besoek van Arno Botha wat onlangs na Suid-Afrika teruggekeer het om by die Vodacom Bulls aan te sluit. Stephan Nel en Jaco Beyers van John Deere Sub-Sahara Afrika vertel ons oor die belangrikheid van die daaglikse bestuur van 'n betroubare handelsmerk en die vervulling van die handelsmerkbelofte.

Play as podcast



Back to episode list

Bonus Content