Seisoen 1 | Episode 9 | Die waarde van presisielandboupraktyke

In hierdie week se aflewering van Tech Terrain bespreek ons die toekoms van tegnologie, presisielandbou, doeltreffendheid, en die opleiding wat nodig is om hierdie tegnologie baas te raak. Theo Vorster gesels in die ateljee met IB Oosthuizen, Landboudirekteur van McCain Foods, sowel as Belinda Louw, Direkteur van die Peritum Agri Institute oor onder meer ontwikkelings in grondgesondheid, waterbestuur en natuurlik, heelwerktuie. Ook onder bespreking is die kwessie van arbeid en hoëvlak-opleiding om die nuutste tegnologie op grondvlak in werking te stel en te bestuur. Jy kan uitsien na ‘n kuier by die leierboer, Jaco Minnaar op sy plaas in Hennenman, waar hy ons meer vertel oor sy presisielandboupraktyke, en die waarde van wetenskaplike proewe wat op sy plaas gedoen word. Stephan Nel, Bemarkingsbestuurder: John Deere Sub-Sahara Afrika (JD SSA) en Wayne Spaumer, Produksiestelsel-spesialis: JD SSA is in die ateljee en gesels oor die evolusie van landboutegnologie, en wat moontlik in die toekoms te wagte kan wees.

Play as podcast



Back to episode list

Bonus Content