Seisoen 1 | Episode 16 | Die waarde van katoen

Katoen is ‘n merkwaardige gewas met die dat dit die enigste landboukommoditeit is wat vesel en voedsel voorsien – vir beide mens en dier. Dit is die wêreld se belangrikste natuurlike vesel en word reeds vir meer as sewe duisend jaar gebruik. Katoen word in meer as 100 lande wêreldwyd geproduseer en dra by tot honderde miljoene werksgeleenthede, veral onder kleinskaalse boere. Die Wêreldhandelsorganisasie het verlede jaar besluit om jaarliks op 7 Oktober reg te laat geskiet aan hierdie besondere gewas deur ’n Wêreldkatoen-dag van stapel te stuur. In hierdie week se episode van Tech Terrain – Woensdag tydens Wêreldkatoendag – gaan Theo Voster ondersoek instel na waarom hierdie gewas toenemend plaaslik maar ook internasionaal belangrik is. In die ateljee is Hennie Bruwer, Uitvoerende Beampte: Katoen SA, en Tanya Aucamp, Onafhanklike Kommunikasiespesialis: Katoen SA om te gesels oor die vennootskappe om die plaaslike katoenbedryf te bevorder. Dan gesels ons met twee katoenprodusente: Leonard Venter, Voorsitter: Katoen SA Raad, en Jozeph du Plessis, Direkteur: Locklore Boerdery oor uitdagings in die bedryf en hulle ervarings. Ons verwelkom dan Philip du Plessis, Area Verkoopsbestuurder: John Deere Afrika en Midde-Ooste (JD AME), en Lucas Groenewald, Verkoopsbestuurder, Suidelike Afrika: JD AME om te gesels oor die ongelooflike tegnologie wat beskikbaar is in hierdie sektor. Tech Terrain word aangebied deur John Deere, in samewerking met Landbouweekblad en Brand Republic.

Play as podcast



Back to episode list

Bonus Content