Seisoen 1 | Episode 11 | Toenemende belangrikheid van biosekuriteit

Boere, plaaswerkers en diensverskaffers word dikwels blootgestel aan chemikalieë en stowwe, of potensiële gevaarlike patogene en siektes. As dit nie voldoende en veilig bestuur en hanteer word nie, kan dit verwoestende effek hê op die omgewing, mense, lewendehawe en plante. Heelwat navorsing en tegnologie word aangewend tot optimale opbrengste, dierebeskerming, en om dit veilig te doen. In die ateljee gesels Theo Vorster in hierdie episode met IB Oosthuizen, Landboudirekteur: McCain Foods South Africa, om biosekuriteit in perspektief te plaas. Dan gesels ons met Dirk Uys, Gewasbestuurder, Hortologie Afrika: Bayer, oor die fyn balans tussen optimale produksie, en risiko. Nelius Oosthuizen, Area Verkoopsbestuurder: John Deere Sub-Sahara Afrika (JD SSA) en Shaun van Jaarsveld, produksie-stelsel Spesialis: JD SSA is in die ateljee en ons kyk na die nuutste tegnologie in spuite. Tech Terrain word aangebied deur John Deere, in samewerking met Landbouweekblad en Brand Republic.

Play as podcast



Back to episode list

Bonus Content